Gardening Sessions

Gardening Sessions for Kids @ Karen se Kruie ~ Herbs for Health

 

Karen se Kruie ~ Herbs for Health se Tuinklub vir Kinders gee aan kinders die geleentheid om op ‘n speelse manier lief te raak vir plante (veral kruie),
insekte, diere & die natuur as ‘n geheel.

Dit is die ideale uitstappie vir tuisskolers, speelgroepies en klein kleuterskole.

Die sessies word aangebied deur Suzaan Wolmarans. Sy is ‘n eerstejaar Natuurbestuur student aan Centurion Akademie.

Sessies word aangebied in Afrikaans en/of Engels vir kinders van die ouderdomme 5 jaar en ouer.

Byeenkomste beloop R75.00 per kind en kostes sluit in:

Alle benodigdhede vir die voltooi van ‘n projek (waarop vooraf besluit word)

Alle benodigdhede vir verwante aktiwiteite, soos waterballon-pret

Volgehoue toesig oor kinders vtydens die sessie

Suiwer Kruie-Vrugtesap & Kruiekoekies / Beskuitjies

Saam-speel & Saam-leer in ‘n Veilige Omgewing

Ouers is welkom om die winkel te besoek gedurende die tuinsessie en ‘n gratis tee of koffie op die stoep te geniet.

Geen ouers sal egter tydens die sessie toegelaat word in die tuin waar dit aangebied word nie. Ouers is welkom om die area vooraf te besigtig.

Informele konsultasie oor Kruie is beskikbaar.

No products were found matching your selection.