Kruiewerkswinkel

Kruiewerkswinkel 

Kom geniet ‘n interaktiewe oggend of middag saam met ons.

Hierdie funksies is ideaal vir intieme verjaarsdae en klein spanbougeleenthede, of sommer net ‘n lekker bederfoggend vir vriendinne.

Werkswinkels word spesiaal vir gaste saamgestel volgens hulle behoefte.

Maksimum van agt persone per werkswinkel.

Werkswinkels word slegs aangebied in die week van Maandae tot Vrydae.

Dit sluit die volgende in:

Kort aanbieding oor Kruie

Interaktiewe deelname aan produkvervaardiging

Koffie, Tee, Kruie-vrugtesap & Oasis Water

Laventelbrosbrood & Gesondheidsbeskuit as versnapering

Een van elke produk wat gemaak word om huis toe te neem

Geleentheid vir vrae en saam gesels

Let asb daarop dat gaste se eie eetgoed vir die geleentheid welkom is. Ons voorsien wel die eetgerei, servette, ens. Ons dek mooi op die stoep vir ‘n lekker kuier na afloop of tydens die sessie, afhangend van die duur van die sessie.

Opsies is as volg:

Opsie 1

R150.00 per persoon ~ Maak van een produk

Sessie duur ongeveer ‘n uur

Opsie 2

R250.00 per persoon ~ Maak van twee produkte

Sessie duur ongeveer ‘n uur en ‘n half

Opsie 3

R450.00 per persoon ~ Maak van drie of meer produkte

Sessie duur ongeveer drie tot vier ure

Stuur gerus ‘n WhatsApp aan Suzaan op 063 684 1436 vir meer inligting en reëlings.

No products were found matching your selection.
× How can I help you? Available from 08:00 to 16:00