The Vine
“I am the vine; you are the branches. If you remain in me and I in you, you will bear much fruit; apart from me you can do nothing.” (John 15:5 NIV)
The Vine is ‘n roeping. ‘n Skeppingsdoel. ‘n Droom gebore uit ‘n traumatiese insident. Uit lewensveranderende gebeurtenisse. Uit geestelike groei.
Elkeen van ons se stories klink anders. Maar die kern van ons getuienisse bly onveranderd – Waar die mens en die wetenskap se antwoorde ophou, daar is waar GOD die kragtigste werk. Die geheim is om Hom van die begin af toe te laat om oor te neem.
The Vine is daar vir ieder en elk. Sonder onderskeid.
Kom woon ons Bybelstudie op Vrydagoggende om 09h00 by.
Spandeer ‘n oomblik in die tuin ~ alleen of saam met ‘n vriendin(ne) of familie.
Deel asseblief jou getuienis. So bemoedig en bemagtig ons mekaar.
Loer tussen al die boeke, kruie en geskenke.
Geniet ‘n gratis koffie/tee/water. Bring jou eie versnaperinge.
Omring jouself met alles wat mooi is. Wees positief.
Ons gebed is dat elkeen wat The Vine besoek, vrede, vreugde en vervulling hier sal ervaar.


