Oorwinning Deur die Vader deur Derek Prince

R100.00

Leef in oorwinning deur die werke van Jesus. Onderwerpe wat bespreek word sluit in:

  • Die Goddelike Ruiling
  • Vaderskap
  • Verwerping
  • Vas Bring Vernuwing
  • Die Heilige Gees in Jou
Category:

Description

Derewk Prince is in Indië gebore en het Britse ouers gehad. Hy voltooi sy opleiding as Grieks- en Latynsgeleerde aan Etonkollege en Cambridge-universiteit, Engeland, waar hy ‘n genoot in antieke en moderne filosofie van King’s College word. Hy bestudeer ook Hebreeus en Aramees aan Cambridge-universiteit en die Hebreeuse universiteit in Jerusalem. Daarby het hy ‘n aantal ander moderne tale gepraat.

Terwyl hy tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Britse weermag dien, begin Derek die Bybel bestudeer en beleef ‘n ontmoeting met Jesus Christus wat sy lewe verander. Hy kom op grond van daardie ontmoeting tot twee gevolgtrekkings: eerstens leef Jesus Christus, en tweedens is die Bybel ‘n ware, relevante, byderwetse boek. Hierdie gevolgtrekkings het die koers van sy lewe verander. Van toe af het hy sy lewe aan Bybelstudie en -onderrig gewy.

Derek se belangrikste gawe was uitleg van die Bybel en die helder en eenvoudige onderrig daarvan. Sy nie-kerklike, nie-sektariese benadering het sy onderrig relevant en nuttig gemaak vir mense van alle rasse  en godsdienstige agtergrond.

Peter Derek Vaughan Prince is op die ouderdom van 88 rustig in sy slaap oorlede en is 26 September 2003 in Jerusalem ter ruste gelê.

× How can I help you? Available from 08:00 to 16:00