Description
Kyk wat deur Christus se versoeningswerk aan ons behoort
Aan die kruis het Christus al die ongeregtigheid wat op ons gerus het, verduur en in ruil daarvoor al Sy geregtigheid aan ons beskikbaar gemaak.
In hierdie stimuleerende Skrifgebonde boek ontgin die befaamde skrywer, Derek Prince, die nege “goddelike ruilings” van die versoening.
Terwyl ons straf, verwonding, dood, armoede, skande en verwerping verdien, gee Christus in die plek daarvan vergifnis, genesing, lewe, oorvloed, glorie, en aarvaarding. Derek Prince toon dan vyf glorieryke aspekte van bevryding aan wat deur versoening beskikbaar gemaak word: verlossing van hierdie bose eeu, van die wet, van die self, van die vlees en van die wêreld.
Dit is ergter nie voldoende om net van Christus se versoeningswerk te weet nie. Derek Prince toon die middele waardeur ons versoening persoonlik kan ervaar en bewaarheid. Hy toon hoe ons beslag kan lê op elke goddelike ruiling en aspek van verlossing deur belydenins, geloof en ‘n verhouding met die Heilige Gees.
Dit is daarom so dat ons die voorsienings van versoening vir al ons behoeftes aan onsself kan toe-eien. Hierdie boek is ‘n kragtige en lewensveranderende werk oor versoening – duidelik en beslissend vir elke gelowige.





