COVID-19 & MY SAMEVATTENDE OPINIE RAKENDE DRIE VRAE TYDENS WINTERMAANDE
Natuurlike voorkoming van COVID-19 in die winter is vir my en my gesin ’n doelbewuste keuse wat geloof, gebed en die gebruik van natuurlike middels insluit. Ons glo dat God die liggaam met die vermoë geskape het om homself te genees wanneer dit die regte ondersteuning ontvang — geestelik én fisies. Daarom volg ons ’n eenvoudige maar kragtige roetine om ons gesondheid te beskerm tydens die koue seisoen, sonder om in vrees te leef. In hierdie artikel deel ek wat ons prakties doen om gesond te bly en siekte te keer — insluitend wat ek aanbeveel as iemand moontlik aan ’n virus blootgestel is, of begin simptome wys.
1.) Wat doen ek (en my gesin) om siekte, onder andere COVID-19, natuurlik te voorkom?
- Ons kies om te glo ~ ook dat dit nie waar is dat daar nie geneesmiddels is vir sekere siektes, soos COVID -19, nie. Die mediese wetenskap het miskien nie antwoorde nie, maar dit beteken nie daar is nie middels wat gebruik kan word nie. Ons glo in die enigste Waarheid soos in die Woord vervat.
- Ons bid saam en hou aan vertrou vir bonatuurlike ingryping.
- Ons hou saam nagmaal, want ons glo Jesus se liggaam is gebreek vir ons genesing ~ fisies en emosioneel en dat elke druppel van Sy Bloed vir ons gestort is vir vergifnis van ons sonde.
- Ons salf mekaar met Oil of Gladness (Joy). (Psalm 45:7, Hebrews 1:9 & Isaiah 61:3)
- Ons spreek lewe.
- Ons kies om positief te bly.
- Ons kies om nie te vrees nie.
- Ons respekteer regulasies wat deur die regering ingestel is en volg dit na.
- Ons hou ons liggame sterk en gesond deur dit wat ons eet en doen.
- Ons reinig ons hande deurlopend met goeie handwasmiddel soos Aloe Ferox se Pearly Jasmin Hand Wash.
- Ons reinig werksoppervlaktes met Thieves Oil Spritzer.
- Ons gebruik Sanitisers soos Thieves Oil Hand Sanitiser, want dit droog nie ons hande uit nie. Ons reinig veral goed voor en na shopping.
Vir algemene goeie gesondheid en immuniteit deur die Winter (indien nie genoegsaam ander kruie gebruik nie):
- Whole-leaf Aloe Juice
- Winter Fighter Kapsules
2.) Wat sal ek doen as ek weet ek was in aanraking met iemand wat moontlik siek is, maar ek toon nog geen simptome nie? Of ek is net bekommerd, want ek het lekker gaan shopping doen en daar was baie mense en party het nogal ‘n rowwe hoes gehad?
Drink Catnip en Elder Flowers Tinkture. Neem ‘n dosis van 2000mg Vitamiene C en Winter Fighter Kapsules.
Bad in essensiële olies wat immuniteit ‘n hupstoot gee.
Maak gebruik van die diffuser. Ek hou van Tea tree, Eucalyptus, Rosemary en Frankincense essensiële olies daarin.
3.) Wat sal ek doen as ek begin siek voel?
Drink 4000mg Vitamiene C 4 – 6 keer op die spesifieke dag en gewone dosis daarna.
Gebruik Echinacea, Thyme, Sage & Liquorice Root Tinkture 3 x per dag op maksimum dosis.
Comfrey om slym los te maak en te hou. Ook vir koors.
Wormwood (Artemisia afra of artemisia Annua), soos nodig vir pyn en koors.
Frankincense indien suurstof tekort ervaar word.
Comfrey is veral baie effektief teen longontsteking. Gebruik met versigting!
Sinusjel op voete en borsareas.
Gebruik diffuser daagliks en bad in essensiële olies.
Tee van mengsel van Mullein, Ginger, Thyme & Sage afwisselend, of as tweede opsie.
Natuurlike voorkoming van COVID-19 in die winter is meer as net ’n gesondheidspraktyk — dit is ’n leefstyl van geloof, wysheid en versorging. Deur eenvoudige maar doeltreffende middele soos kruie, essensiële olies, vitamiene, gebed en ’n positiewe ingesteldheid, kan ons ons liggame en harte versterk teen siekte. My hoop is dat hierdie riglyne jou sal help om sterker, gesonder en met groter vrede deur die winter te gaan.
~ Karen 083 296 6310
WhatsApp gerus met enige vrae
