Eerstehulp Kruie
In hierdie artikel lys ek ‘n hele aantal handige eerstehulp kruie teenoor spesifieke kwale, wat ‘n mens met ‘n geruste gemoed saam kan stuur op kinderkampe. Hierdie kruie behandel bykans enige onmiddelike aangeleentheid. Indien verbetering nie spoedig te bespeur is nie, is dit wys om professionele raad by ‘n kruiekundige of dokter in te win.
Die dosisse kan aangepas word vir volwassenes. Dis ook lekker om hierdie kruie saam te neem op toere en vakansie!
Eerstehulp Kruie-Lysie vir Kinderkampe
Begin van siekte/sinus/verkoue/griep/hoofpyn as gevolg van sinus
Echinacea; Thyme; Elder Flower; Vit C (2000mg 4-6 x per dag vir dag of twee)
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag
Hoes/bronchitis
Echinacea; Thyme; Sage; Liquorice; Vit C (2000mg 4-6 x per dag vir dag of twee)
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag
Mondsere/keelseer/mangelontstekening/laringitis
Echinacea; Sage; Rosemary; Myrrh; Vit C (2000mg 4-6 x per dag vir dag of twee)
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag
Oorpyn as gevolg van sinus/vog
Echinacea; Thyme; Elder Flower; Wormwood; Lemon Balm; Vit C (2000mg 4-6 x per dag vir dag of twee)
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag. Net 10 druppels van Wormwood.
Maagpyn/krampe/naarheid/hoofpyn
Catnip; Lemon Balm; Peppermint; Fennel
Indien infeksie teenwoordig voeg Liquorice by
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag
Koors (en onseker wat koors veroorsaak)
Echinacea, Lemon Balm, Catnip, Myrrh, Wormwood
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag. Net 10 druppels van Wormwood.
Allergieë
Veral Nettle & Elder Flower, maar kan Echinacea byvoeg
15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag
Insekbyte soos perdebysteke
Fennel; Milk Thistle; Echinacea drink (15 druppels van elk in min water 2-3maal/dag)
Echinacea & Marigold salf uitwendig
Snye & Oop Wonde
Stop bloed met Nettle (Uitwendig)
Weleda Poeier (Graze and Weeping Wound Powder)
Marigold salf
Verstuiting/spierpyn/bloukolle/ens
ABC Olie (ook goed vir spinnekopbyte) of ARC Jel (ook goed vir brandwonde)
